Menzies uitspraak (hopelik) vanoggend
Die uitspraak in die dringende aansoek deur Menzies Aviation word vanoggend vroeg, om half-nege verwag. Regter Shafimana Ueitele het dit verlede week uitgestel. Die kwessie handel oor die vraghantering by die lughawe met die tender wat aan Paragon in ‘n gesamentlike onderneming met Ethiopian Airlines toegeken is. Menzies het die hof op ‘n dringende basis versoek vir redelike tyd om te ontruim, sowel as verligting tot sy ander aansoek, om die toekenning van die tender ter syde te stel, afgehandel is. Die kwessie plaas vraghantering by Hosea Kutako Internasionale Lughawe in ‘n kwesbare posisie met die verbod wat steeds in plek is deur Qatar Airways en Lufthansa wat steeds vrag vervoer, maar net terwyl Menzies nog vrag hanteer.