Menseregte prokureur gesels oor inentings in Zim

Inentings in Zimbabwe vorder baie goed en owerhede begin om inentings aan te bied vir kinders so jonk as 14. Zimbabwe het voor Namibië sy inentingsprogram afgeskop en tot op hede is meer as ‘n miljoen landsburgers ingespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende menseregte prokureur Beatrice Mtetwa gepraat.

Daar is gerugte dat gedwonge inentings deur sommige maatskappye toegepas word en ook dat salarisse vir persone wat nie geënt is nie, vertraag word. Mtetwa sê daar is reeds regsaksie in die verband in die land gebring.