Menseregte in Mianmar verswak daagliks

Die hoof van Menseregte van die Verenigde Nasies, Volker Türk, sê byna twee jaar na die wrede militêre staatsgreep teen ‘n demokraties-verkose regering, sink die land selfs dieper in ‘n krisis weg. Daar is ‘n grootskaalse agteruitgang in menseregte. Türk sê ondanks duidelike wetlike verpligtinge vir weermagte om burgerlikes te beskerm, word internasionale regulasies ge-ïgnoreer. Hy sê minstens 2 890 mense is reeds dood weens optrede deur die weermag en andere wat met soldate saamwerk.