Mensehandel neem plaaslik toe

Die Namibiese polisie het 52 sake van mensehandel in die 2020-2021 finansiële jaar gerapporteer, in vergelyking met die 48 sake die vorige jaar. Die syfers is vervat in ‘n toespraak van die polisiehoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga, tydens die herdenking van die Internasionale Dag teen Mensehandel. Volgens die polisiehoof het wetstoepassers uitdagings soos ‘n gebrek aan skuilings vir slagoffers van mensehandel.