Mens-dier konflik maai Afrika se leeus af

Vandag word Wêreld Leeu-dag herdenk. Die Afrika-leeu is ‘n ikoniese dier en ‘n trekpleister vir beide toeriste en jagters. Maar, as gevolg van mens-dier konflik is daar ‘n skamele 23 000 Afrika-leeus in die wêreld oor. In Namibië is die bevolking redelik gesond met ongeveer 800 diere wat vrylopend in die noordelike helfte van die land voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van Nust se biodiversiteit navorsingsentrum gesels.