Melkprodusent: Plant-gebaseerde melkvrye alternatiewe nadelig vir suiwelbedryf

‘n Wes-Kaapse melkprodusent, Ian van Niekerk, sê die beskikbaarheid van plant-gebaseerde melkvrye alternatiewe benadeel die suiwelbedryf. Die eienaar van Oakland Melkery sê hierdie alternatiewe het deur die jare al hoe gewilder geword aangesien daar soveel keuses beskikbaar is. Hy sê melkvrye alternatiewe is vanuit ‘n gesondheids-oogpunt nie beter as koeimelk nie. Die voordele van koeimelk is dit bevat proteïene, kalsium, riboflavien, vitamien B12, jodium, kalium en fosfor.