Meld onwettige elektrisiteitsverbindings aan

Die Stad Windhoek het ‘n beroep op inwoners gedoen om onwettige elektrisiteitsverbindings aan te meld. Die misdaad neem in die hoofstad toe en wek kommer onder owerhede. Lydia Amutenya, woordvoerder by die Stad het ook inwoners gevra om beskadigde meters en ander infrastruktuur te rapporteer.