Meksikaanse kartelbaas kry 60 jaar

Jose Antonio Yepez, een van Meksiko se mees berugte kartel-leiers, is tot 60 jaar tronkstraf gevonnis. Yepez was bekend vir sy bende se herhaalde diefstal van groot hoeveelhede petroleum, maar het ook met verskeie dwelms op grootskaal gesmokkel. Hy is in 2020 gearresteer. Bekend as ‘El Marro’ of ‘Die Hamer’, het Yepez, in sy oorlog om beheer oor sy gebied te neem, baie geweld na Guanajuato in die land gebring. Die gebied het talle pyplyne en ‘n raffinadery wat die diefstal van petroleum maklik gemaak het. Sy Santa Rosa de Lima-kartel het ook verskeie ontvoerings uitgevoer.