Mej. Suid-Afrika word vanaand aangewys

Terwyl Namibië ‘n nuwe Mej. Namibië in Cassia Sharpley, wat gisteraand in die hoofstad gekroon is, het, sal Suid-Afrika vanaand uitvind wie hulle nuwe Mej. Suid-Afrika is. Verlede jaar se wenner, Lalela Msawane, oorhandig vanaand haar kroon by die SunBet Arena by Time Square in Pretoria. Tien vroue ding mee om die gesogte titel. Die wenner van die kompetisie ontvang pryse van meer as 3 miljoen Suid-Afrikaanse rand.