Mej. en Mnr. Albinisme SA word jaarliks aangebied

Die organiseerders van Mnr. en Mej. Albinisme Suid-Afrika sê die skoonheidskompetisie sal voortaan jaarliks aangebied word. Die stigter en uitvoerende hoof, Godfrey Mphatswe, sê die doel is om stereotipes oor mense met albinisme te verwyder en die albino-gemeenskap met die mense in hulle gemeenskappe te verenig. Die organiseerders sê dis noodsaaklik om die samelewing op te voed dat albanisme ‘n toestand is. Die doel is om mekaar se uniekheid te omhels en mense vertroue te gee om hulle eie voorkoms te aanvaar.