Meisie in Oshikoto glo deur twee mans ontvoer

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak van ontvoering nadat ‘n 16-jarige meisie in die Onethindi-Oniipa-omgewing in die Oshikoto-streek glo deur twee mans ontvoer is. Na bewering het die meisie alleen geloop het toe sy met geweld in die voertuig gelaai is, waar die verdagtes haar seksueel aangerand het voordat hulle haar by haar huis afgelaai en weggejaag het. Die polisie is op soek na die eienaar van ‘n rooi Ford Bantam-bakkie met registrasienommer N 40756 O in verband met die misdaad.