Meisie, 10, pleeg vermoedelik selfmoord

Nuusagentskappe berig dat die polisie in die Khomas-streek tans ondersoek instel na die beweerde selfmoord van ‘n 10-jarige meisie in die hoofstad. Volgens Nampol het die insident tussen ongeveer 7-uur Maandag aand in die Ombili-woonbuurt plaasgevind. Die kind is deur haar 7-jarige broer in die huis gevind waar sy hang. Sy is by die Katutura hospitaal dood verklaar. Die polisie se ondersoek duur voort.