Mei-toerismeverslag: Reiskoste styg skerp

Volgens die Namibiese toerisme-verslag van Mei het kamer-besettingskoerse in Mei met een persentasiepunt van 51,8 persent in April tot 50,8 persent in Mei gedaal. Op ‘n jaargrondslag het besettingskoerse egter met 11,4 persentasiepunte verbeter vanaf 39,4 persent in Mei verlede jaar. Volgens Simonis Storm is dit steeds ‘n aanduiding van herstel in die sektor. Namibiërs het ‘n merkbare toename in reiskoste in die gesig gestaar, met pryse wat in Mei byna verdubbel het vergeleke met dieselfde tydperk in die vorige jaar, waar vakansie-pakkette ‘n toename van 99,2 persent op ‘n jaargrondslag ervaar het.