Meghan Markle vra verskoning

Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, het verskoning gevra dat sy ‘n Britse hof mislei het oor haar samewerking met die skrywers van ‘n simpatieke boek oor haar en prins Harry. Die uitgewer, Associated Newspapers, voer aan Markle het ‘n brief aan haar pa geskryf terwyl sy geweet het dit sal moontlik in ‘n biografiese boek verskyn. Die hertogin se prokureurs het vroeër ontken dat sy of prins Harry saam met die skrywers gewerk het. Die uitgewer sê egter Markle het ook privaat inligting bekend gemaak deur saam met Omid Scobie en Carolyn Durand, skrywers van Finding Freedom, te werk.