Meer skoon oudits vir Wes-Kaapse munisipaliteite

Wes-Kaapse munisipaliteite met skoon oudits het tot 16 gestyg wat beteken 90 persent kry nou skoon of ongekwalifiseerde oudit-bevindings. Hierdie munisipaliteite sluit Stellenbosch, Weskus-distrik, Mosselbaai, Kaap Agulhas, Overstrand, Swellendam en Theewaterskloof in. ‘n Woordvoerder van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê Beaufort-Wes is die enigste munisipaliteit in die provinsie wat ‘n negatiewe oudit-bevinding gekry het.