Meer SA leerders woon nie skool by

Die departement van onderwys in die buurland sê daar is bewyse in die NIDS-CRAM-opname dat meer skoolgaande kinders as gewoonlik nie skool bywoon nie en dit is nog nie duidelik of hierdie ‘n tydelike neiging is of permanent sal wees nie. ‘n Woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê hulle voorspel graad 12-uitkomste kan laer wees. Hy sê dit skep ‘n dringende behoefte om verlore tyd in te haal. Die eerste stap om hierdie krisis die hoof te bied, is om verdere ontwrigting van skooltyd te voorkom.