Meer passasiers besoek Kaapstad Internasionale Lughawe

Die aantal passasiers wat gebruik maak van die Kaapstadse Internasionale Lughawe het toegeneem tot 66 persent van die aantal wat voor die pandemie aangeteken is. Dit volg namate die toerisme-sektor tekens van herstel begin toon, waarvan ‘n aanduiding die toename in internasionale aankomste is. Volgens onlangse data het lugreise na en van Suid-Afrika sy hoogste vlak van bedrywigheid sedert die begin van die Covid-pandemie bereik. Suid-Afrika was een van die Afrika-bestemmings wat in 2021 die grootste afname in aankomste getoon het, terwyl lande in Oos-Afrika nie so swaar geraak is nie.