Meer oor W&B gewapende roof vanoggend

Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo polisie het meer besonderhede verskaf oor die gewapende roof by die Woermann Brock in Mondesa Swakopmund. Volgens Shapumba is die motor waarin die rowers gevlug het, reeds gevind. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.