Meer oor Ruach Elohim-stigting

En..Die Ruach Elohim-stigting fokus op die bewusmaking van babastortings en versorging van ongewenste, weggegooi-, mishandelde en verwaarloosde babas in Namibië. Ruach Elohim beteken “Asem van God”. Hulle doen ‘n beroep op moeders van ongewenste babas om nie hulle babas weg te gooi nie en hulle eerder in hulle baba-boks op die hoek van Dr. Schwietering- en Bottle Tree-straat in Ocean View, Swakopmund, te plaas. Die stigters, Ronel en Dick Peters, bied ook aan om die baba te gaan haal as die moeder nie op Swakopmund woon nie. Ronel bedank almal vir hulle ondersteuning.