Meer oor die Thursday in Black-veldtog

Die Thursdays In Black-veldtog het ten doel om bewustheid te skep vir ‘n wêreld sonder geweld en verkragting. Die veldtog is in die 1980’s deur die Wêreldraad van Kerke begin as ‘n vorm van protes teen geweld en verkragting. Die Thursdays in Black-uitdaging probeer plaaslike besighede en gemeenskappe betrokke te kry om elke Donderdag swart te dra om slagoffers van geslagsgeweld te onthou. Rauna Awene, ‘n kampvegter vir vroue en kinders gesels met Kosmos 94.1 Nuus.