Meer onwettige vuurwapens in Wes-Kaap opgespoor

Die Wes-Kaapse veiligheidsplan verbeter die opsporing van onwettige vuurwapens. Dit is volgens die DA se provinsiale woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen. Hy sê die ingrypingsplan het daartoe gelei dat daar tussen Februarie 2020 en Junie 2021 tot 17 vuurwapens per maand teruggevind is teenoor die vorige syfer van vier per maand. Die veiligheidsplan is onlangs van stapel gestuur as bykomende maatreël om veiligheid in Wes-Kaapse gemeenskappe te bevorder.