Meer navorsing moet aansteeklikheid van Omikron vasstel

Suid-Afrikaanse gesondheidsowerhede sê dit is nog nie bekend tot watter mate en vir hoe lank mense wat die Omikron-variant onder lede het ander kan aansteek nie. Vroeër vandag het die president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, professor Glenda Gray, gesê meer navorsing is nog nodig om die aansteeklikheid van die variant vas te stel. Sy sê dat diegene wat met die Omikron-variant besmet is, ligte simptome toon en ook relatief vinnig herste. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …