Meer moet gedoen word om gesondheidskwessies onder jeug te bekamp

Die DA doen ‘n beroep op die departemente van gesondheid en basiese onderwys om aandag te skenk aan geestesgesondheidskwessies wat die jeug raak. Volgens die DA is die stryd met geestesgesondheid een van die vele bydraende faktore tot skoolverlater-syfers onder jongmense. Die party se woordvoerder, Haseena Ismail, sê van die jeug se geestesgesondheid gaan aansienlik agteruit met ‘n toename in adolessente depressie, angs en selfbeskadiging.