Meer lugrederye vlieg na Namibië

Benewens vlugskedules van Fly Namibia, Airlink, Eurowings en Qatar na Namibië, vlieg bykomende lugrederye nou na die land. Ethiopian Airlines het hul aantal weeklikse vlugte na Windhoek van vier na vyf verhoog en TAAG van Angola het hul weeklikse vlugte verhoog van twee tot drie vanaf einde Maart. Airlink bedryf tans sowat 45 vlugte per week tussen Namibië en Suid-Afrika. Simonis Storm sê in sy toerismeverslag van Maart hy bly positief oor ‘n verhoogde invloei van buitelandse aankomste as gevolg van lugrederye wat hul bedrywighede in Namibië verhoog. Die Namibiese Lughawensmaatskappy se skakelbeampte, Dan Kamati, sê toeriste-getalle is besig om toe te neem.