Meer as US$1 miljard vir Afghanistan beloof

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het ‘n dringende beroep gedoen om hulp vir die inwoners van Afghanistan. Die Verenigde Nasies het gepoog om meer as 600 miljoen Amerikaanse dollar vir Afghane in te samel. Internasionale ondersteuning is in Genève gevra vir onder meer voedsel, water en medisyne. Verskeie lande het meer as ‘n miljard Amerikaanse dollar beloof. Volgens die jongste inligting weet een uit elke drie Afghane nie waar hulle volgende maaltyd sal vandaan kom nie.