Meer as helfte van Siprus se paspoorte is onwettig

Meer as helfte van die paspoorte van in Siprus uitgereik is aan buitelanders in terme van die land se beleggingskema is onwettig. Dit is die bevinding ‘n raad wat deur die land se regering aangestel is om ondersoek in te stel na ‘n massiewe bedrogspul. Luidens ondersoeke het meer as 3 000 buitelanders 2 miljoen euro na die land gebring tussen 2013 en 2019 en so burgerskap bekom. ‘n Ondersoek het getoon dat amptenare omgekoop is talle beleggings het eenvoudig nooit plaasgevind nie. Die skema was daargestel om ontwikkeling na die land te bring.