Meer as helfte van inkomste op lone

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke se ouditverslag oor regeringsbesteding vir 2018-2019 is bekend. Volgens Kandjeke het die regering 29,3 miljard Namibiese dollar op salarisse bestee, of 51 persent van sy totale inkomste van 58 miljard dollar. Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het vroeër vanjaar erken dat die regering groot uitdagings het om die hoeveelheid staatsamptenare te verminder. Die staat se salarisstaat is jaarliks ongeveer 50 persent van die totale besteding en die jongste lening van 3,9 miljard dollar wat van die Internasionale Monetêre Fonds het bepalings in die verband, wat ook salarisverhogings insluit.