Meer as 800 aansoeke goedgekeur vir Marabastad-behuisingsprojek

Die Stad Tshwane sê meer as 800 aansoekers is vooraf goedgekeur vir die Marabastad Townlands maatskaplike behuisingsprojek, weens hul kredietrekords en bekostigbaarheidstelling. Meer as 2 000 aansoekers was onsuksesvol. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die volgende fase vir vooraf goedgekeurde kliënte behels ‘n tweede aansoekproses om oorweeg te word vir toekennings.