Meer as 76 000 buitelanders besoek Namibië in eerste drie maande van 2022

Namibië het tussen Januarie en Maart 2022 ‘n totaal van 76 472 buitelandse toeriste ontvang, volgens ‘n verslag van die Namibiese toerisme-ministerie. Altesaam 36,4 persent het kom vakansie hou, 26,1 persent het vir vriende en familie kom kuier, terwyl 12,9 persent vir sake of konferensies die land besoek het. Diegene wat die land vir onderwys en mediese redes besoek het, beslaan 15,7 persent van buitelandse aankomste. Talita Horn, waarnemende besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.