Meer as 700 katarak-operasies verlede maand in Gauteng uitgevoer

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê meer as 700 katarak-operasies is verlede maand uitgevoer. Dit vorm deel van daadwerklike pogings om die wagtydperk vir dié operasies by verskeie openbare hospitale in die provinsie te verminder. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê een van die presterende hospitale was die Kalafong Tersiêre Hospitaal in Pretoria-Wes, waar 205 katarak-operasies binne twee weke gedoen is.