Meer as 50% van Suid-Afrikaners het tydens pandemie vetter geword

Ten spyte van die bedreiging wat Covid-19 vir openbare gesondheid inhou, is dit noodsaaklik om nie gelyklopende epidemies te verwaarloos nie. Dieselfde aandag en hulpbronne behoort beskikbaar te wees vir die stryd teen vetsug. Dit is een van die bevindinge deur Pharma Dynamics, wat die afgelope twee maande ‘n nasionale opname onder byna twee-duisend Suid-Afrikaners gedoen het. Pharma Dynamics se Woordvoerder, Nicole Jennings, sê meer as die helfte van Suid-Afrikaners het tydens die Covid-19-pandemie gewig opgetel, met 69 persent wat aan vetsug grens: