Meer as 200 mense in Kaapstad die naweek vasgetrek

Altesaam 264 mense is die afgelope week in die Stad Kaapstad in hegtenis geneem. Wetstoepassers het 181 voertuie geskut, beslag is gelê op 88 selfone en 65 359 boetes is uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, is baie bekommerd oor die toenemende aantal dronkbestuurders wat weekliks vasgetrek word. Hy het ‘n beroep op bestuurders gedoen om alkohol verantwoordelik te gebruik en te verseker hulle bestuur nie onder die invloed nie.