Meer as 2 000 Angolese in Omusati

Volgens die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, is daar 2 383 Angolese vlugtelinge by Etunda in die streek. Hy sê sedert hul aankoms is al 14 babas by die kamp gebore. Die eerste groep het vroeg in Maart uit die droogtegeteisterde Angola na Namibië gevlug. Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie verduidelik.

Wat die voorkoming van die verspreiding van die Covid-virus betref, sê Endjala dit is moeilik. Hy gesê daar word met die Angolese regering onderhandel om hul burgers terug te neem.