Meer as 140 000 staatloses en ongedokumenteerdes glo in Namibië
Die kabinet sê daar is vordering gemaak met die oplossing van die probleem van staatlose en ongedokumenteerde mense in Namibië. Volgens die kabinet is daar tot op hede 141 048 mense geregistreer wat staatloos en ongedokumenteerd blyk te wees en dat hierdie getal nog bekragtig moet word. Die kabinet het in beginsel vier wetsontwerpe goedgekeur en na die kabinetskomitee oor wetgewing verwys vir verdere ondersoek en hervoorlegging voordat dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Hulle is die Wysigingswetsontwerp op Namibiese Burgerskap, die Namibiese Vlugtelinge Erkenning- en Beheer-wysiging, die Regulering van Status van Sekere Inwoners van Namibië en hul Nasate en die Wetsontwerp op die Staatloosheidbepaling en -Beskerming.