Meer as 1,2 miljoen Wêreldbeker kaartjies reeds verkoop

Meer as 1,2 miljoen kaartjies is reeds vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Katar verkoop. In die jongte verkoopsfase is 23,5 miljoen versoeke ontvang vanaf lande soos Argentinië, die Verenigde State, Mexiko, Brasilië en Frankryk. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, sê altesaam 2 miljoen kaartjies sal beskikbaar wees vir die toernooi oor vier-weke wat op 21 November begin. Katar het glo 65 000 kamers en woonstelle buite hotelle bygevoeg, sowel as 4 000 kamers op passassierskepe wat vasgemeer is in die hawe van Doha.