Medvedev en Tsitsipas uitgeskakel by Franse Ope

Tennis: Die wêreld se nommer twee, Daniil Medvedev van Rusland, is in die vierde ronde van die Franse Ope uitgeskakel nadat hy met 6-2, 6-3 en 6-2 teen die Kroaat, Marin Cilic verloor het. Die 33-jarige Cilic is deur na sy derde kwarteindstryd in Parys en kom teen die sewende gekeurde Andrey Rublev van Rusland te staan. Die vierde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland het in vier stelle teen die 19-jarige Holger Rune die knie gebuig. Die tiener is die eerste Deen wat die kwarteindronde bereik by ‘n Grand Slam in die Ope Era. Rune se volgende teenstander is Casper Rudd van Noorweë.