Medisyne vir kerntoestande deur WGO opgedateer

Die Wêreldgesondheids-organisasie het sy lys van belangrike medisyne vir radiologiese en kern-noodtoestande opdateer, saam met raad oor die behoorlike bestuur daarvan. Dit sluit in medisyne wat blootstelling aan bestraling óf verhoed, óf beserings na bestraling behandel. Maria Neira van die WGO sê dit is noodsaaklik dat regerings daarop voorbereid is om die gesondheid van bevolkings te beskerm en dadelik op noodgevalle kan reageer.