Mediese student jaag glo weg van ongeluk, probeer polisie omkoop

’n Mediese student is by Oshakati in hegtenis geneem vir beweerde roekelose en nalatige bestuur, nadat hy glo van die ongelukstoneel weggejaag en daarna ’n polisiebeampte probeer omkoop het. ’n Ongeluk waarby die 31-jarige studente-dokter betrokke was, het by Ehenye in Oshakati plaasgevind, maar die verdagte is eers twee dae later aangekeer. Volgens Nampol het die verdagte ‘n polisiebeampte probeer omkoop deur vinnig 200 Namibiese dollar na die polisiebeampte se selfoon te eWallet. ’n Meegaande boodskap het dit as “middagete-geld” beskryf. Die verdagte sal na in die Oshakati-landdroshof verskyn.