Mediaberigte oor President Emmerson Mnangagwa wat nie na VSA mag vlieg, onwaar

Volgens mediaberigte uit Zimbabwe is hul President Emmerson Mnangagwa, deur personeel van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering verbied om na die VSA te vlieg. Hy sou ook na die Verenigde Koninkryk vir ‘n ander vergadering vlieg. Mnangagwa het glo die huidige gesondheidskrisis geïgnoreer en die VN se personeel het hom toegang tot Amerika geweier. ‘n Voormalige lid van die parlement van Zimbabwe en politieke analis, Eddie Cross, het die beweringe ontken en aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is onwaar.