Media-vakbond wil met Nampol vergader oor skietery op lede

Die sekretaris-generaal van die Namibiese media-vakbond Nampu Sakeus Iikela sê daar is nog nie vergader met die Namibiese polisie in verband met die gebeure wat Vrydag in die hoofstad plaasgevind het nie. ‘n NBC-joernalis, Elifas Bonifatius, is raakgeskiet deur die polisie se spesiale reserwemag wat ontplooi was om ‘n protes deur die Namibia Economic Freedom Fighters te beheer. Die vakbond eis ‘n ondersoek. Iikela sê hulle wil presies weet wat gebeur het en wil die mag opvoed oor hoe om media by protesaksies te hanteer. Hy verduidelik.