Media ombud vra dat onderdrukkende wette opsy gestel word

Die media ombud John Nakuta het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om weg te doen met wetgewing wat onderdrukkend is aan die media. Nakuta het spesifiek melding gemaak van die wet op strafregtelike laster en beskerming van inligting. Hy sê beide die wette word teen die media gebruik. Hy sê sy kantoor ontvang talle versoeke om joernaliste en mediahuise te dagvaar, veral onder wel-af sakepersone en buitelandse maatskappye. Hy voeg by dat daar regoor die wêreld word daar swak sake teen joernaliste gemaak welwetende dat joernaliste nie lang hofsake kan bekostig nie en dat dit gedoen word om hulle stil te maak.