Medespeler sê dit wil voorkom asof Djokovic geteiken word

Novak Djokovic bly in die nuus. Terwyl die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal vroeër gesê het Djokovic dra die gevolge van sy eie keuses het die Amerikaanse speler Tennys Sandgren sy ondersteuning teenoor Djokovic uitgespreek. Hy het ook gevra of Djokovic nie dalk uitgesonder word nie. Djokovic appelleer teen die weiering van sy visum in Australië en die saak sal Maandag aangehoor word.