Medelye vir blues-musikant Doane

Medelye stroom van oraloor in nadat die Namibiese musikant, die 40-jarige Doane Madeheim, op Swakopmund tragies oorlede is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is sy liggaam deur sy suster in sy motorhuis gevind nadat sy hom nie op sy selfoon kon bereik nie. Geen vuilspel word vermoed nie. Madeheim was bekend as een van die lede van die blues-rock-orkes ‘Brown Paper Bag’. Bekende Namibiese sangers soos Riaan Smit en Savanna Collins het huldeblyke aan Madeheim gebring.