Mededingingskommissie ondersoek hoë groente- en vrugtepryse

Die Mededingingskommissie in die buurland het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die prysbepaling van vars produkte in Tshwane en verbruikers versoek om deel te neem aan die 18 maande lange openbare verhore. Die kommissie ondersoek waarom vrugte- en groentepryse in Suid-Afrika buitensporig is, wat die armstes in die samelewing die meeste raak. Faktore soos Covid-19, die oorlog in Oekraïne, beurtkrag, inflasie en vervoerkoste het pryse beïnvloed, maar daar kan meer redes vir die prysstygings wees. Die ondersoek sal op 31 Maart begin.