Mecki sê Brukkaros is ‘n slagopsie

Die Beesvleis Waardeketting-forum het volgens berigte ‘n beginselbesluit geneem om die Brukkaros-abattoir op Keetmanshoop as ‘n opsie vir verslagting te oorweeg. Dit kom na die forum se voorsitter, Mecki Schneider, vroeër gesê het die infrastruktuur by Witvlei is nie vanpas nie en Meatco het samewerking met die forum geweier. Die moontlikheid bestaan dat Brukkaros se fasiliteite tot kapasiteit van 120 beeste per dag opgradeer word. Schneider sê op die manier kan die forum vinniger in die uitvoermark kom en dit ook as ‘n leerkurwe benut tot die nuwe abattoir op die been is. Hy sê daar is reeds agt ingenieurspanne wat te kenne gegee dat hulle aan die tenderproses vir die bou van die abattoir wil deelneem.