Mecki en kie kry al hoe meer ondersteuning vir forum

Die nuutgestigte Beef Value Chain-forum poog om ‘n volhoubare, winsgewende beesvleis-waardeketting te skep en geniet al hoe meer ondersteuning. Dus wil dit voorkom asof die uitvoer-abattoir doelwit al hoe meer werklik word. Die forum spits hom toe op waardetoevoeging en plaaslike verwerking wat meer buitelandse valuta die land sal inbring. Op die oomblik word Namibiese beesvleis onverwerk uitgevoer na die Europese mark waar dit in produkte omskep word. Die forum stel ondersoek na geleenthede vir samewerking om gouer die mark te betree voordat eie slaggeriewe ontwikkel word. Daar word berig dat die mikpunt is om tot Mei finansiering vir die bou van ‘n slag- en verwerkingsaanleg te werf met 100 miljoen Namibiese dollar wat nodig is vir ‘n produsente-meerderheidsbelang, volgens die forum se voorsitter Mecki Schneider.