Meatco: LPO konsulteer vir nuwe model

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê daar is kommer oor die stand van sake by Meatco in die land. Die organisasie is van mening dat ’n produsent-gedrewe organisasie, geskoei op gesonde sakebeginsels sonder enige politieke inmenging, die volhoubaarheid van so ’n entiteit verseker. Die LPO is tans besig om ’n proses met belanghebbendes te fasiliteer met die uitsluitlike doel om ’n nuwe gesamentlike voorstel aan die regering te maak om groei in die beesvleisbedryf, tot voordeel van Namibië, te bewerkstellig.