Meatco kan help om nismark in VSA te betree

Die Namibiese ambassadeur in die VSA Margaret Mensah-Williams is volgens berigte ywerig om die mark vir Namibiese vleis in die VSA uit te brei. In haar mening is Meatco een van die belangrikste maatskappye om ‘n nismark vir Namibiese produkte in die VSA te vestig. Meatco het ook die AGOA-wetgewing gebruik tot sy voordeel in verband met doeane-vrye invoere. Mensah-Williams sê daar is veral ‘n baie groot onderbenutte mark in die organiese en sogenaamde ‘free range’ mark in daardie land. Meatco het amper 19 jaar gesukkel om toegang tot die Amerikaanse mark deur AGOA te bekom.