Meatco het geen standpunt oor veterinêre kordonheining

Meatco distansieer homself van die kwessies oor die veterinêre kordonheining. Meatco se korporatiewe kommunikasiebeampte Undamuje Hambira het gesê hulle gaan nie betrokke raak in besprekings oor die saak nie. Dit volg ná die Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda in die hof eis dat die sogenaamde Rooilyn verwyder word. Hy noem dit ‘n koloniale struktuur. Landbou-kenners het weer op hul beurt gesê die Namibiese vleisbedryf sal ses miljard Namibiese dollar in uitvoere verloor as die Rooilyn verwyder word.