McIlroy verwelkom hof se beslissing oor LIV-spelers in PGA-toernooi

Die wêreld se voormalige nommer een, Rory McIlroy, het die hofbeslissing verwelkom wat drie spelers van die Saoedi-ondersteunde LIV-gholfreeks verbied om aan die FedEx-beker se uitspeelwedstryde deel te neem. Die Australiër Matt Jones en die Amerikaners Talor Gooch en Hudson Swafford het aansoek gedoen vir ‘n tydelike weerhoudingsbevel wat hulle sou toelaat om aan die toernooi deel te neem. McIlroy sê hy glo gesonde verstand het geseëvier en die hof het die regte besluit geneem: